ONDERRIGGELD:
Die volgende is goedgekeur op 'n Ouervergadering gehou op 1 November 2009:
-
Onderriggeld beloop R7 480.00 per kind per jaar en word as volg betaal:
-
R680.00 per kind by inskrywing
-
Die res in 10 maandelikse paaiemente van R680.00 vanaf einde Januarie.
-
'n Afslag van R600.00 word gegee aan alle ouers wat die volle jaarlikse bedrag voor einde Januarie en 'n afslag van R350.00 voor einde Februarie.
-
Net die eerste 2 kinders in 'n gesin betaal onderriggeld.
U rekeningstate sal met hierdie bedrae gedebiteer word. Die gelde vir busvervoer ten opsigte van sport en ander uitstappies sal gehef word van die betrokke deelnemers. Sekere vakke soos aangetoon op die benodigdhede lys vereis 'n ekstra bedrag wat deur u as ouer betaal moet word.
BUSGELDE:
Busgelde vir 2010 beloop R275.00 en is maandeliks streng vooruitbetaalbaar. Dit berus by u as ouer om die skool skriftelik in kennis te stel wanneer 'n busleerling nie meer met die bus ry nie.
BETALINGSMETODES VIR DIE REGISTRASIEDAG SOWEL AS DIE RES VAN DIE JAAR IS AS VOLG:
-
Die skool se rekeningbesonderhede is as volg:
-
Eerste Nasionale Bank
-
Takkode : 270 244
-
Rekening Naam : Hoërskool Delmas Bedryfsrekening
-
Rek.no.: 62179483658
-
Tjekrekening
-
Verwysingsnommer: Rek. Nr. 720/ .....en/of kind se naam as verwysing
Inbetaling tydens registrasiedag:
U kan die inbetalingstou vermy deur per tjek te betaal of 'n vooraf inbetaling in die skool se rekening te doen. Plaas asseblief die bewys van betaling/tjek in 'n koevert en skryf die naam en klas van die leerling daarop asook die bedrag (Onderriggeld en Busgeld)
Inbetaling res van die jaar:
U kan maandeliks per Internet of Debietorder inbetaal of die leerling betaal by sy/haar voogonderwyser in tydens voogperiode. Dring asseblief aan op 'n kwitansie die volgende dag.
SUBSIDIES:
Subsidies (slegs ten opsigte van onderriggeld) is volgens 'n vasgestelde glyskaal beskikbaar. Die nodige dokumentasie met bewyslewering van bruto-inkomste moet tydens die registrasiedag asseblief aan die finansiële komitee voorgelê word om hiervoor te kwalifiseer. Let asseblief daarop dat daar jaarliks weer vir subsidies aansoek gedoen moet word.
KOSHUISINSKRYWING:
Koshuisinskrywings vind saam met die skoolregistrasie in die skoolsaal plaas. Koshuisgelde beloop R3 600.00 per kwartaal en is streng vooruitbetaalbaar. 'n Registrasiefooi van R300.00 is tydens registrasie betaalbaar.
|