Hoërskool Delmas Koshuis


Koshuis vriende. Vind meer uit ...

Die Koshuis, as deel van Hoërskool Delmas, streef 'n etos van Christelike liefde na volgens die gebod en voorbeeld van Christus in Matt. 22 v 37-39

"Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."

Daarom tree alle inwoners te alle tye met respek en lojaliteit op teenoor mekaar as persoon en mekaar se eiendom en tree ons altyd vriendelik en bedagsaam op teenoor mekaar. Hierdie maatstaf sal dan ook te alle tye gebruik word met die beoordeling van gedrag en optredes van dissiplinêre aangeleenthede.

Die doel van ons koshuis is om 'n geborge tuiste te skep vir inwoners sodat elke leerling volle geleentheid het om na vermoë gebalanseerd te ontwikkel en te presteer, eerstens op akademiese gebied maar ook ten opsigte van persoonlikheid en op sport- en kulturele gebied.

Die koshuis bied 'n geborge tuiste vir 58 seuns en 56 dogters en is 'n onontbeerlike deel van Hoërskool Delmas.

 

 

FINANSIES:

KOSHUISINSKRYWING:

Koshuisinskrywings vind saam met die skoolregistrasie in die skoolsaal plaas. Koshuisgelde beloop R3 600.00 per kwartaal en is streng vooruitbetaalbaar. 'n Registrasiefooi van R300.00 is tydens registrasie betaalbaar. (Ouers word toegelaat om dit maandeliks teen R1 000.00 per maand te betaal.)

'n Addisionele bedrag van R110-00 per naweek is betaalbaar indien leerlinge naweke nie huistoe gaan nie. Kontak gerus die Senior Koshuisvader indien u meer inligting oor koshuisaangeleenthede wil bekom.

  • Koshuis Bankbesonderhede is as volg:

  • Eerste Nasionale Bank
  • Takkode : 270 244
  • Rekening Naam : Hoërskool Delmas Koshuis
  • Rek.no.: 62179489820
  • Tjekrekening
  • Verwysingsnommer: Kind se naam as verwysing

Tuisblad | Algemeen | Akademie | Sport | Kultuur | Leerlinge | Foto Gallery | Nuusbriewe | Koshuis | Finansies | Kontak Ons | Sosiaal | Delmasmall.co.za | Laerskool Delmas
Instandhouding Private View Marketing
Webontwerp deur WebCreateZ